Gill Simpson is die stigter en Uitvoerende Direkteur van Wild Rescue, ‘n skuilplek vir wilde diere by die Klipfontein Natuurreservaat noord van Stilbaai. Sy is ‘n senior skool onderwyser met ‘n nagraadse graad in Bemarking, en het ‘n suksesvolle loopbaan as senior strategis en media direkteur in die advertensie-wese gehad.
Gill het ‘n passie vir wilde diere en diere-regte, en is in die proses om ‘n sentrum vir die rehabilitasie van wilde diere op Klipfontein te vestig. Sy was onlangs bestuurder by die Jane Goodall Instituut se Chimp Eden buite Nelspruit in Mpumalanga.
Gill praat met ons oor rehabilitasie van wilde diere en die vestiging van die skuilplek.